ksm musiek - Onkeerbaar

Al gaan ek deur donker dieptes, ek sal nie bang wees nie
U liefde omhels my, ek sal nie bang wees nie
Wie kan teen U staan

As donkerte my insluk en vrees oorweldig my
Weet ek U is onkeerbaar, want U beskerm my
U is by my as ek twyfel, U is altyd aan my sy
En as ek na die kruis kyk, dan weet ek U sien my
Weet ek U sien my

Toe ek net wou opgee en swerf in die woestyn
Gee U my oorwinning en wys U majesteit
Wie sou U kon keer

As donkerte my insluk en vrees oorweldig my
Weet ek U is onkeerbaar, want U beskerm my
U is by my as ek twyfel, U is altyd aan my sy
En as ek na die kruis kyk, weet ek U sien my

U is vir my, wie kan teen my wees
Want vir U Heer, is niks onmoontlik nie

Written by:
Jaco Smit, Mieke du Toit

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

ksm musiek

View Profile
Onkeerbaar - Single Onkeerbaar - Single