Liezel Pieters - Droë Riviere

Ons drome is verby
En ek het seer gekry
Ek huil baie nagte om oor jou
Maar huil jy oor my?

En waar is jy vandag?
‘n Deel van my sal wag
Al sou my hart ook stil gaan staan
Gaan my liefde vir jou aan en aan
Tot alles vergaan

In jou hart se droë riviere
Het jou liefde opgedroog
En vergeet jy al die ure?
Die gety in my bly hoog
Met die sluise van die walle
Met die hemele daarbo
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?

Tyd is net geleen
En my liefde baklei daarteen
Al sou ek als om my verloor
Sal ek diep in my jou stem kan hoor
Tot alles vergaan?

In jou hart se droë riviere
Het jou liefde opgedroog
En vergeet jy al die ure?
Die gety in my bly hoog
Met die sluise van die walle
Met die hemele daarbo
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?

En in jou hart is droë riviere
Het jou liefde opgedroog?

En vergeet jy al die ure?
Die gety in my bly hoog
Met die sluise van die walle
Met die hemele daarbo
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?
In jou hart se droë riviere
Het jou liefde opgedroog

En vergeet jy al die ure?
Die gety in my bly hoog
Met die sluise van die walle
Met die hemele daarbo
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?
Sal jou hart se droë riviere
Weer laat oorloop as ons glo?

Written by:
RUDI CLAASE

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Liezel Pieters

Liezel Pieters

View Profile
Sing My Hart Uit Sing My Hart Uit